Geloofsfamilies

(Gfams)
Die diepste uitdrukking van gemeenskap in die Afrikaanse Gemeentes in die VAE vind ons in geloofsfamilies. Dit is ons weergawe van selgroepe en kleingroepe. Onder die leiding van ‘n herderleier vorm ‘n groep gelowiges ‘n familie wat saam hul lewens en hul liefde vir God met mekaar deel. Dis hier waar die Gees ons saam verander sodat ons so volwasse soos Christus kan wees! Een van die hoogtepunte is die familie-byeenkoms wat weekliks plaasvind. By die byeenkomste word deur 4 bewegings gewerk: 1 Deel van ons lewens met mekaar; 2 lofprysing; 3 luister na die Woord en na mekaar; 4 gebed en 5 diens. Skakel gerus een van die herderleiers of gfam-lede indien jy wil deel in die gemeenskap van die gelowiges.

Fanie en Annelien Ferreira

Fanie en Annelien Ferreira
Fanie en Annelien Ferreira

 

Saam as geloofs familie kom ons elke week bymekaar in die Greens, n klein oasis in die woestyn, waar ons as familie in Jesus, asem kan skep in die dolle gejaag van Dubai, om stil te word voor ons Hemelse Vader en nuwe krag te kry, uit Sy fonteine van genade. Deur ons lief en leed te deel , te leer van mekaar se geloofs- ervarings en uitdagins, maar bowenal om te weet dat in hierdie ver en vreemde land, ons saam kan streef, meer en meer soos Jesus, elke dag. Kom nes jy is , ons nooi jou uit, word deel van ‘n geloofs familie hier in Dubai.

Kontak , Fanie en Annelien Ferreira, by 056 179 7448 ,
The Greens, Nakheel 2b, Grondvloer nr 6.

 

Herman en Judie Van Der Merwe

Ons groep kan onsself seker ‘Jong Volwassenes’ noem 🙂 tussen 25 en 35 jaar, geniet dit om nuwe dinge in Dubai te ontdek en probeer!

Herman en Judie Van Der Merwe
Herman en Judie Van Der Merwe
Jong Volwassenes
Jong Volwassenes

 

Ons kom elke Maandagaand om 7:30pm in JLT bymekaar en behandel ‘n verskeidenheid van reekse deur die jaar.

 

 

 

Piet en Estelle Brand

Piet en Estelle Brand
Piet en Estelle Brand

 

Ons geloofsfamilie bestaan uit 10 persone wat een ding in gemeen het- ons geloof in en afhanklikheid van ons Here. Ons kom op n Sondagaand 19:30 by ons huis bymekaar( Piet + Estelle Brand, JVT 8S, 11) om saam meer te leer uit die Woord en die seen van God se teenwoordigheid op te soek. Ons sing saam en luister na DVD’s van reekse (of enkeles) van Louie Giglio, Beth Moore, Andy Stanley, Priscilla Shirer, Gary Kieswetter, Charles Stanley en nog ander.

 

 

Daar word ook saamgepraat,saamgebid en mekaar versterk deur moeilike tye. Daarna kuier ons lekker saam rondom eet- en drinkgoedjies en ons gesels en lag saam tot laat. Dit is n kosbare tyd saam met geloosfamilie en n seen en versterking vir die week wat voorle. Piet + Estelle.

 

Johan en Tersia Els

Johan en Tersia Els

 

Ons adres is:

Marsa Plaza South 512, Festival City.

tersia.els@hotmail.com
Johne8585@gmail.com

Tel no: 050 862 4002