Nuwe Intrekkers

Baie welkom by die Afrikaanse Gemeente in Dubai, waar ons jou naaste familie in die woestynland wil wees!
Ons gemeente het n Diensgroep wat spesifiek daarop ingestel is om Nuwe intrekkers te ondersteun, deel te maak en in te lig oor ons gemeente se doen en late, sowel as om enige ander inligting t.o.v. die VAE, te verskaf.
Nuwe Intrekker, ons nooi jou hartlik uit om een van die inligtingsoggende by te woon. Dit vind elke sesde Vrydagoggend na die erediens plaas. Hou die kerkblaadjie dop vir die volgende byeenkoms en kom geniet n gesellige kuier!

Voltooi asseblief die Nuwe Intrekkers vorm