Romeine Reeks

Oorwin die kwaad met die goeie

Die DNA van ’n Christen se lewe. ’n Reeks om te verduidelik hoe jy die kwaad kan oorwin deur die goeie! Hoe jy losgemaak kan word van die mag van die sonde. Wat bedoel word met doop in Christus se dood en opstanding. Hoe ons ’n lewe van oorwinning kan lewe! Die geheim van ’n lewe van oorwinning. Dis nie genoeg om in ’n Disprin te glo nie. Jy moet dit drink en toelaat om jou te verander. Dieselfde met Christus. Dis nie genoeg om net in Christus te glo nie! As jy ’n lewe van oorwinning wil lewe, moet jy Jesus drink en toelaat dat hy jou verander. Om gered te word, is geloof in Jesus se offer genoeg – maar om in oorwinning te leef, moet jy meer as net glo. Jy moet Christus aankleef en die Heilige Gees toelaat om jou te verander en te beheer.

Kliek hier om die reeks te kyk:

Invictus Romeine 8
Eno’s Romeine 1-4
Nuwe Dirham Romeine 12

Dagligkinders Romeine 13

Biltong Romeine 5-7
Aardbol Romeine 9-11
Slangertjies en leertjies Romeine 8:28
Slangertjies en leertjies Romeine Romeine 8:28
Diamante Romeine 5:3-6

Die Openbarings Reeks

Moenie bang wees nie!

Die boek Openbaring is die vyfde evangelie, uitgebeeld in prente!  Die boek wat ons vertel wat gaan gebeur in die tyd, totdat Jesus kom.  Soos n ui afgeskil word – word Openbaring in elke tydvak vervul.  Die perde wat hardloop, die trompette wat blaas en die wraakbakke . Die 3 diere wat die bose uitbeeld en telkens die gesigte in die hemel.        

Ons is nou reeds burgers van die hemel.  Die prediker neem jou aan die hand en d.m.v. sewe preke lei hy jou, om hierdie boek van donker na die LIG, te verstaan.

Die lelike eendjie

Ontdek dat jy eindlik God se swaan is!

God het ons só ongelooflik geskape – om werklik as sy beelddraers te lewe. Tog is dit soms te veel vir ons, soos dit vir die lelike eendjie was. Ons moet die mooi – God – in ons ontdek. Hierdie reeks wil van die nuutste ontdekkings in die menswetenskap met die Bybel verstengel. Dit neem jou op ’n ontdekkingstog wat jou uitkyk vir altyd sal verander!

7 Danse van geluk

Kom laat ons dans!

Daar is so baie boeke geskryf oor geluk, maar geeneen noem die feit dat as ons God in ons kan ontdek, ons dan eers volkome gelukkig sal wees nie!  Geluk was een van die dryfvere agter Jesus se prediking.  Hy begin en eindig Sy leringe met die boodskap dat jy gelukkig kan wees as jy liefhet soos Hy lief het (Joh 15:11-12).  Jy sal geluk en seën beleef, as jy die Goddelike eienskappe in jou kan ontdek en ontwikkel (Matt.5:3-8).  Kom dans saam!